GEORGE NUUS - Jong tennisspelers van die Eden-distrik het die afgelope naweek die versengende temperature van tussen 36°C en 38°C in die Kaap trotseer tydens die onlangse interdistrikte tennistoernooi tussen Drakenstein, Platteland, Wynlande en Eden.
Meeste van die spanne het in Stellenbosch gespeel, maar die o. 13-seuns het in Somerset-Wes gespeel, en die o. 13-meisies in die Strand.
Ten spyte van die uiterste hitte het die Eden-spelers hard geveg vir elke wedstryd en groot deursettingsvermoë en sportmanskap getoon.
Tien seuns en tien meisies het die verskillende ouderdomsgroepe verteen-woordig.
Uitslae: o. 13-span: 1ste plek; o. 12-span: 2de plek; o. 11-span: 4de plek; o. 10-span: 4de plek.
Die o. 13-span
Die o. 10-span
Die o. 11-span‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’