GEORGE NUUS - Jong tennisspelers vanuit die Eden-distrik het verlede naweek kragte gemeet tydens die Eden Tecnifibre Mini 5-toernooi.
Die toernooi het van 6 tot 7 September op verskeie bane regoor George plaasgevind. Dit is aangebied deur Eden Junior tennis, namens Tennis SA, met Lizelle Fourie as orvaniseerder.
Altesaam 81 spelers vanuit die Eden-distrik, sowel as Kaapstad, Pretoria en Gqeberha het deelgeneem.
Die toernooi sou aanvanklik oor drie dae strek, maar weens die reënweer op die laaste dag is al die eindstryde na Saterdag 7 September verskuif.
Spelers het nietemin waardevolle ervaring opgedoen en het voluit gespeel.
Resultate van Georgiete wat uitstekend gevaar het is as volg:
Enkels:
- Rainbow Kids-naaswenner: Juan Kruger (Laerskool George-Suid)
- o. 12 meisies-wenner: Mienke Koegelenberg (Laerskool George-Suid)
- o.12 meisies-naaswenner: Leah Kruger (Laerskool George-Suid)
Dubbels:
- o. 12-wenners: Mienke Koegelenberg en Tatum Hobson (Glenwood House)
- o. 16-naaswenners: Suane Koegelenberg (Hoërskool Outeniqua) en Bridget Fero (Tuisonderig)
Naaswenners van die o. 16-dubbels is Bridget Fero en Suane Koegelenberg.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’