Gallery
TENNIS NUUS - Die spanne van Helgard Muller en Karin Deltenre van die George-tennisklub is die A-afdeling 2021 Fritz Meissner 190's-kampioene.
Die eindstryde is Saterdag 18 September in Oudtshoorn op die bane van die Wesbank-tennisklub en Langenhoven Gimnasium gespeel.
Die span van Deltenre het die span van Debbie Hyde in ‘n spannende eindstryd geklop terwyl die span van Muller reeds vroeër genoeg punte opgestapel het om as kampioen gekroon te word.
In die B-afdeling was dit die span van Robyn Smuts wat die vrouekompetisie gewen het met hul oorwinning Saterdag oor die span van Helena Haasbroek.
Die span van Kowie Pretorius het die mansafdeling gewen met die span van Louis du Preez in die tweede plek.
Die span van die Rustdene-tennisklub, Beaufort-Wes, wat die span van die Pacaltsdorp-tennisklub Saterdag geklop het is van links: Lowellen Appies (kapt), Andrew Appies, Alroy Mitchell en Sheldon Maans.
Danie Gildenhuys en sy span het die 240+-afdeling gewen wat vanjaar vir die eerste keer deel was van dié gewilde spankompetisie van die Eden-tennisvereniging. Altesaam 26 spanne (104 spelers) het vanjaar deelgeneem.
Die voorsitter van Eden-tennisvereniging, Debra Hyde, het die spelers geloof vir hul opoffering en sportmangees wat deurentyd geheers het.
Sy het ook haar dank uitgespreek teenoor die Wesbank-, George-, Hartenbos-, Klein Brakrivier-, Mosselbaai- en Great-tennisklubs vir die gebruik van hul fasiliteite vir die gewilde toernooi.
Fotogalery: George-tennisklub is die A-afdeling 2021 Fritz Meissner 190's-kampioene
Die eerste wenners van die 240+afdeling is van links: Fanus van Wyk, Theunis Joubert, Danie Gildenhuys (kapt.) en Pieter Badenhorst.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'