GEORGE NEWS - Eden-tennis se juniors het die voorreg gehad om as gasheer op te tree vir die jaarlikse WP Wintertennistoernooi in George op 28 en 29 Junie.
Spelers van o. 11 tot o. 19 het kragtige gemeet op ’n vriendskaplike, maar tog kompeterende vlak. Spelers het hulle vernuf op enkels, dubbels en gemengde dubbels getoets en moes hulle beste spel baan toe bring.
Hulle moes nie net kushoue en voorhand wenners trotseer nie, maar ook ’n ysige suidewind wat die ‘Wintertoer’ sy naam gestand gedoen het. Ouers het ook met dieselfde passie en deursettingsvermoë hulle spelers langs die baan ondersteun.
“Dit is vir ons ’n voorreg om die WP se voorste junior tennisspelers by die jaarlikse Wintertennistoernooi te verwelkom en ons Eden-spelers hulle vaardighede kon toets en verbeter,” sê Ettiene van Zyl, die organiseerder en voorsitter van Eden-tennis se junior komitee.
Van Zyl voeg ook by dat die nuwe vriendskappe en bande wat op en van die baan gesmee is ’n groot deel vorm van die Wintertoernooi.
Hierdie toernooi dien ook as goeie voorbereiding vir die Eden Mini 4 wat van 17 tot 19 Julie plaasvind.
- Prestige Sports
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’