Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die uitblinker van Knysna en oud-Kwagga, Warrick Gelant, wat deesdae vir die Springbokke uitdraf, het aanhangers in hul noppies gehad tydens sy besoek in George op Saterdag 16 Desember.
Tydens 'n onderhoud met die George Herald oor sy ervaring toe hy sy debuut as 'n Springbok-rugbyspeler in 'n wedstryd teen Italië in Padova by die Stadio Euganeo-stadion op Saterdag 25 November gemaak het sê Gelant: "Dit was 'n spesiale oomblik." Gelant het nou ook die voorreg om in sy Springbokbaadjie te pronk.
"As jy nog nie 'n toets vir die Springbokke gespeel het nie dra jy slegs jou baadjie oor jou arm, en jy word nie toegelaat om dit aan te trek nie."
Warrick Gelant (Springbok-rugbyspeler) saam met aanhangers Monica Arries, Mursia Appollis en Elizabeth Blouw.
Gelant sê die oomblik toe hy uiteindelik die groen-en-goud-baadjie oor sy skouers kon trek was dit net so spesiaal soos sy Springbok-debuutwedstryd.
Kyk 'n video hieronder:
Die geesdriftige rugbyspeler se boodskap aan ander is, "Elkeen het hulle pad vorentoe.
Warrick Gelant het op Saterdag 25 November sy debuut vir die Springbokke gemaak.
"Dis maklik om te sê jy wil soos ek wees, maar my pad is nie gemaak vir jou nie. Hou aan glo aan wat jy as mens wil doen, dan sal jy bereik wat jy graag wil bereik."
ARTIKEL: BRÜMILDA SWARTBOOI, GEORGE HERALD
VIDEO & FOTO'S: MYRON RABINOWITZ, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'