TUINROETE NUUS - Die o.15- en o.17 Sewesspanne van die Hoër Landbouskool Oakdale het hulle goed van hulle taak gekwyt tydens die Marius Schoeman-toernooi wat by Paarl Gimnasium aangebied is. Die o.17-span het hulle drie groepwedstryde onoorwonne afgesluit nadat hulle HS Stellenberg 29-21, Douglas Streekspan 57-0 en HS Garsfontein 31-19 geklop het. In die kwarteindstryd kom die span weer teen HS Garsfontein te staan nadat Garsfontein gekwalifiseer het as beste verloorder.
Die Bulle moes hard baklei om die Garsie Bere met 19-12 te klop. Hulle val in die halfeindstryd teen HS Monument van Johannesburg vas en verloor 22-26. In die uitspeelwedstryd vir die bronsmedalje teen Afrikaanse Hoër Seunskool wen Oakdale oortuigend met 31-19.
Die jong o.15 Bulle het hulle seniors goed nageboots en ook hulle groepwedstryde onoorwonne afgesluit deur Vuka SA Legends 41-10, Outeniqua 21-19 en Worcester Gim 28-7 te klop.
In die kwarteindstryd wen hulle 41-10 teen HS Stellenberg maar verloor met 0-19 teen die bekerwenners Paarl Gimnasium. Hulle stap as wenners van die veld teen die gedugte span van Paarl Bois High met telling van 31-19 en palm die bronsmedalje in.
Monré de Ridder, Paul de Villiers, Philip Kleynhans, Matthew Stephens, Matthew Golden, Tino Singe, Alwich van der Linde en Morné Els is in die SWD 7’s-rugbyspan ingesluit is. Die span sal aan die Interprovinsiale 7’s-toernooi op Welkom vanaf 26 tot 28 September gaan deelneem.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'