GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua het op 'n jaareindgeselligheid in die Kwagga Cuisine sy o.19A-rugbyspan se uitblinkers vereer en terselfdertyd van die eerstespanspelers afskeid geneem.
Die Kwaggas het weer 'n puik rugbyjaar agter die rug en het die 14de plek op die nasionale ranglys vir o.19-spanne ingeneem.
Anton Gericke het die geleentheid bygewoon en foto's vir die George Herald geneem.
Christo Vorster, Kwagga-skoolhoof (tweede van links) staan by die rugbyspelers van die skool se o.19A-rugbyspan wat vir hul prestasies op die veld vereer is. Van links; Stephen Leonard (voorspeler van die jaar), Andreas Breytenbach (speler van die jaar), James Molentze (agterspeler van die jaar en die voorste puntemaker van alle o.19-rugbyspelers in die Wes-Kaap) en Piet Cloete (sporthoof).
Die Kwaggas se breinkrag wat vanjaar gehelp het dat die o.19A-rugbyspan as die 14de beste skolespan in Suid-Afrika gekroon is. Van links staan Piet Cloete (sporthoof), Walter Lutsch (biokinetikus), Rynard van As (skopafrigter), Jeandré Blom (verdedigingsafrigter), Deon Minnie (rugbyhoof), Jacques Wolfaardt (afrigter), Abre Minnie (afrigter), Henry Grimes (lynstaanafrigter), Christo Vorster (skoolhoof), Jaco Janse van Rensburg (tegniese ontleding) en Manie du Toit (geestelike leier).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'