Gallery
GEORGE RUGBY NUUS - Die Kwaggas het 'n baie suksesvolle seisoen met 'n spogfunksie en toekennings aan spelers afgesluit.
Die eerste span se buksie-senter, Darren Fortuin, is as senior rugbyspeler van die jaar aangewys.
Die skool is baie trots, volgens sporthoof Pieter Cloete, op hul eerste rugbyspan wat die seisoen op no 12, volgens Rugby365 en SA Rugby Magazine, afgesluit het.
"Volgens die internet-webtuiste School Rugby-scores word die skool se rugby in die negende posisie geplaas as al die skool se spanne se vertonings in 2018 in ag geneem word," het hy gesê.
Kwaggas het vanjaar ook 12 o. 18-spelers en 14 o. 16-spelers opgelewer vir SWD se provinsiale skolespanne.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'