GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua het sy rugbyborge op 'n geselligheid en steakbraai in die Kwagga Cuisine onthaal en tydens dié geleentheid geraamde rugbytruie aan die borge oorhandig.
Soos gebruiklik het die onnutsige Kwagga-afrigter, Deon Minnie, van die niksvermoedende gaste met sy doepa uitgevang. Anton Gericke het die foto's geneem.
Die Kwaggas se eerste rugbyspan is ook deur SAPCOR Hollard geborg. Van links: Smirna van der Westhuizen (SAPCOR Hollard), Christo Vorster (skoolhoof), Jacques Wolfaardt (afrigter), Abre Minnie (afrigter), Sanra Alberts (SAPCOR Hollard) en Zane Fouche (SAPCOR Hollard).
Imperial Select het vanjaar die Kwaggas se eerste rugbyspan geborg. Van links: Daniël Marais (Imperial Select), Christo Vorster (skoolhoof), Jacques Wolfaardt (afrigter), Etienne van Blerk (Imperial Select) en Abre Minnie (afrigter).
Die borge van die o.15A-rugbyspan was McDonald's en van die o.14A-span, Top Gear Sport. Van links: Christo Vorster (skoolhoof), Nico Pretorius (McDonald's), Robert Gerber (afrigter), Coetzee de Klerk (McDonald's), Steyn van Loggenberg (afrigter), Ters Gillomee (Top Gear Sport), Ian Hattingh (afrigter) en Liaan Scriven (afrigter).
Volvo het vanjaar die Kwaggas se o.19B-rugbyspan geborg en Halfway Toyota die o.16A-rugbyspan. Die borge en spanafrigters van links is Jaco Janse van Rensburg (afrigter), Dillon James (Halfway Toyota), Marel Victor (Halfway Toyota), Christo Vorster (skoolhoof), Shane Crause (Volvo), Marius Rix (Volvo) en Deon Minnie (afrigter).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'