Bridgton het hul toeskouers staande gehad toe hulle binne die eerste drie minute van die wedstryd agter Evergreens se pale gaan kuier het vir 'n verdoelde drie. Evergreens, wat die voorlopers is in die 2014-premierliga het sake binne minute gelykop gemaak. Op hul tuisveld in Oudtshoorn het Bridgton net soos Evergreens gapings in hul verdediging gelaat. Dit was veral Evergreens se verdediging wat nie beste tot dusver in die liga nie was nie.
Bridgton het die gaping in die verdediging uitgebyt en nog twee keer in die eerste helfte agter die pale gaan kuier. Hulle kon nie die drieë verdoel nie. Evergreens het die rustydtelling gelykop 17 elk gemaak toe hulle gaan druk het, met die doelskop geslaag het en daarna suksesvol was met 'n strafskop.
Dit wou voorkom asof die manne rustyd hard gepraat het, want in die tweede helfte het beide spanne skitterend verdedig en geen drieë kon aangeteken word nie. Evergreens het egter met twee strafskoppe geslaag om hul puntestand op 23 te staan te bring. Bridgton is ook beloon met 'n suksesvolle strafdoel en met die telling op 23-20 het Bridgton 'n gulde geleentheid gehad om sake gelykop te maak, maar was onsuksesvol met 'n strafskop.
Punte makers vir Evergreens was (drieë) Alliston November (agtsteman) en Joseph Fortuin (regtervleuel). Die heelagter, Leegan Moos het met twee doelskoppe en drie strafskoppe geslaag. Hy is ook aangewys as speler van die wedstryd.
Vir Bridgton het Ashwayne Britz (regtervleuel), Rhupino Plaatjies (buitesenter), Wayne Julies (flank)) elk een gaan druk. Die losskakel, Jacques Julies het met 'n doelskop geslaag en die plaasvervanger-losskakel, Adrian Booysen met 'n strafdoel.
Bridgton het Saterdag 19 Julie 'n loslootjie, terwyl Evergreens vir Silver Stars aanvat op die Pacaltsdorp-sportterrein.
Evergreens se tweede span het met 18-16 gewen, terwyl hul derde span met 10-15 verloor het.
Deon Stoffels, buitesenter ondersteun vir Llewelyn Treunight terwyl hulle 'n Bridgton-speler grond toe dwing.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'