Gallery
GEORGE NUUS - Die 25-jarige losvoorspeler, Buran Parks, is Vrydagaand by 'n glansgeleentheid by die Pacaltsdorp-gemeenskapsaal aangewys as Evergreens-rugbyklub se senior sportman van die jaar.
Die gassprekers en spelers wat vereer is, is staande deur honderde gaste wat in blou geklee was, toegejuig.
Parks, wat die seisoen vir Evergreens voorgedraf het, se leierskap was vir sy span van groot waarde.
Hy het reeds in 63 wedstryde vir die SWD Arende uitgedraf en is 'n sterk derduiwel wat die seisoen die vonk voorlangs verskaf het met sy krag, spoed en voorgevoel vir die spel.
"Dit is 'n groot eer vir my om vanaand die toekenning te ontvang. Ons is opgewonde oor die 2018-seisoen. Die groep het reeds Dinsdagaand met hul afseisoen oefeninge begin," het Buran aan die George Herald gesê.
"Ek wil graag my dank uitspreek teenoor al ons gaste, spelers en ondersteuners wat ons prysuitdelingseremonie bygewoon het. Ek is waarlik trots op ons gemeenskap.
Mervin November, oud-Springbok links by Anton Smit senior Arende-speler.
"Dan wil ons ook net dankie sê aan al die borge wat ons deur die jaar ondersteun het, want sonder hulle sou dit maar 'n opdraande stryd gewees het.
"Ons sien uit na 'n suksesvolle 2018 seisoen en ons voorbereiding het reeds begin.
"Alle voornemende spelers word genooi om aan te sluit by die oefenveld," het Mirco Geduld, voorsitter van Evergreens-rugbyklub, gesê.
Die borge Moneyball Finance (Lance), The Tint Shop (Molly), JR Butchery (Ralph), Bell Air Tavern (John), Mobile Tronics (James), Protea Apteek (André Pyler), Andrew Louw (Louwtjie), SportScene George (Charlie), Marrions Designs (Marrion), Exocet George (Deswill), Shane Habbit, Elton October, André Africa en Estelle Jumat is bedank vir hul ondersteuning en donasies.
Die volgende spelers het toekennings ontvang:
C- span:
Beste voorspeler: Alvin Godfrey. Beste agterspeler: Renaldo Willemse. Beste speler: Renaldo Willemse.
B-span:
Beste voorspeler: Stanley Tsetsa, Beste agterspeler: Quinton Afrika. Beste speler: Sheldon Bruinders.
A-span:
Beste voorspeler: Llewellyn Treurnicht. Beste agterspeler: Linden Rhode. Beste speler: Divandré Strydom.
- Meeste vordering: Julian Treurnicht.
- Junior speler van die jaar: Julian Prins.
- Senior speler van die jaar: Buran Parks.
- Senior spelers speler van die jaar: Enver Prins.
- Voorsitterstoekenning: Gordin Jones.
- Volgehoue bydrae vir noodhulpdiens: Veronique Plaatjies en Rodney Blom.
- Volgehoue bydrae vir afrigtingsdiens: Cornelius Booysen.
Mirco Geduld (links), voorsitter van Evergreens oorhandig hier 'n toekenning aan Sheldon Bruinders, die beste tweedespanspeler.
Provinsiaal gespeel:
- SWD Arende: Anton Smith, Freginald Africa en Leegan Moos.
- SWD o.20: Julian Prins,
- Vinchenzo Adams, Jovarian
- du Preez, CJ van Niekerk.
'Ons bring jou die nuutste George, tuinroete nuus'