RUGBY NUUS - Evergreens van Pacaltsdorp het Saterdag hul klas gewys toe hulle Harlequins van Oudtshoorn op hul tuisveld met 'n oortuigende telling van 62 - 21 kafgedraf het.
Die manne in groen se voorspelers het weereens die spel oorheers met kragtige skrums en goeie lynstane.
Francois Cummings en Shaun Booysen is vir hul uitmuntende bydraes as spelers van die wedstryd aangewys. Hulle B- en C-spanne het ook hulle wedstryde gewen.
Evergreens en Blanco het vandag, Woensdag 16 April, na Saldanhabaai vertrek om aan die Super 8-Paastoernooi deel te neem. Die toernooi skop môre, Donderdag 17 April, af en eindig Maandag 21 April.
Evergreens kom in hul openingswedstryd om 17:40 teen Rhinos van Limpopo te staan, terwyl Blanco om 19:30 teen Kruisfontein sake sal uitspook.
Rhinos wat verlede jaar tweede in die Goue Beker-reeks geëindig het, word deur Bevin Fortuin afgerig.
Die openingswedstryd van die toernooi vind om 16:00 tussen Tygerberg en Hamiltons plaas en die laaste wedstryd van die aand is om 21:10 tussen Saldanhabaai en Villagers van Worcester.
Al die wedstryde sal regstreeks op Via Variety 4 (kanaal 209 op DStv) uitgesaai word.
* Blanco is genader vir kommentaar en 'n spanfoto, maar niks is tot dusver ontvang nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’