Gallery
GEORGE RUGBYNUUS - Crusaders het Saterdag op sy tuisveld in Parkdene 'n krag-vertoning in sy eerste Premier-liga-krag-meting gelewer deur die nuweling-span George met 51-13 te troef.
Crusaders het agt drieë gedruk in 'n afgeronde vertoning en sommer met die intrapslag gewys dat hy vanjaar gewis onder die sterk gunstelinge is om die Premierliga te betwis. George, wat sonder twee van sy staatmakerspelers moes klaarkom, het erg gesukkel teen die inklimspel van die tuisspan. Hul lynstaanwerk en verdediging sal sterk aangespreek moet word indien hulle nie weer 'n groot loesing op die lyf wil loop nie.
George het met stewige skrumwerk in die eerste helfte die Crusaders-agttal laat les opsê, maar toe die tuisspan sterker druk begin toepas, het George swaar geleef.
Vir Crusaders het Lwando Maxeke, Heinrich Leukes, Lionel Mpisani, Pieter Hektoor, Christo du Plessis, en Adrian Medina elk een drie gedruk en Earl Rouls twee. Gladwell Jafta het met 'n strafdoel en twee doelskoppe geslaag en Lionel Mpisani ook met twee doelskoppe.
Click here for a photo gallery.
Vir George het Terence Venter gaan druk terwyl Henry Wolhuter (vleuel) agt punte met twee strafskoppe en 'n doelskop aangeteken het. Crusaders se tweedes het George met 44-7 geklop en sy derde span het George met 22-10 verslaan.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'