Verskeie Bokondersteuners het wel ná hul span se nederlaag die biertent vir die sitplek op die paviljoen verruil, maar was weer terug toe die einste Engelse en All Blacks mekaar in die eindstryd pak.
Suid-Afrika moes tevrede wees met die Plaatkampioenskap nadat hulle Argentinië in die eindstryd met 10-5 geklop het.
Die eindstryd om die kampioenskap het baie gelykop en spannend verloop, maar dit was die briljante All Blacks wat die kroon verseker het met ‘n skepdoel nadat die sirene reeds geloei het. Hulle het die George-kampioenskap van die internasio-nale toernooi met 21-19 beklink en so hul vyfde titel verseker.
Met die aanbieding van hierdie toernooi kan George nog ‘n baie suksesvolle internasionale Sewestoernooi by hul lysie voeg. Die organisasie was puik en alles het seepglad verloop.
Beide Vrydag en Saterdag het toeskouers vanoor die hele land op George toegesak en langs elke straat in die omgewing van Outeniquapark het die voertuie bankvas gestaan.
Dit was duidelik dat daar nie ‘n tekort aan gees tydens die toernooi was nie. Baie toeskouers het tema-uitrustings aangetrek om kleur op die paviljoene te verskaf.
Of George aanstaande jaar weer hierdie toernooi gaan aanbied, is ‘n ope vraag want die finale besluit berus nog by die IRB.
_jpg(2).jpg)