TUINROETE NUUS - Topspelers van die Eden-distrik het van 17 tot 19 September aan die nasionale kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem. Weens Covid-19-regulasies kon die hele span ongelukkig nie gestuur word nie en slegs die o.15-, o.19- en seniorspelers het deelgeneem.
Bradwill van Heerden, Whinleigh Bruiners, Hayley Theron, Garshen Williams en Xhaiden Williams het afsonderlik in hul kategorieë die top-16 in die land behaal.
Xhaiden Williams het 'n taai stryd in die kwarteindronde gehad en ná hy 7-3 in die finale stel agter was, het deurgedring en teenstander afgestof. Hy behaal 'n derde plek wat vir hom 'n bronsmedalje ingepalm het.
Op 2 en 3 Oktober het die federasie se o.14-meisies en -seuns na Kaapstad getoer waar hulle aan die Wes-Kaapse proewe deelgeneem het.
Hier bereik Gerswin van Heerden die topses terwyl Xhaiden Williams weereens sy man moes staan teen topspelers van Kaapstad. Hy bereik die topvier en word opgeneem in die Wes-Kaapse span.
Die spelers van links is Bradwill van Heerden,(o.19) Whinleigh Bruiners,(o.19), André Laminie (seniors), Xhaiden Williams,(o.15), Hayley Theron,(o.19), Garshen Williams (seniors) en Max Howard (nie teenwoordig).
Hy sal van 15 tot 20 Desember aan die nasionale spele in Pretoria deelneem. Indien hy in die nasionale span opgeneem word sal hy volgende jaar die Suid-Afrikaanse o.17-span in Duitsland verteenwoordig.
Enigiemand wat belangstel om tafeltennis te speel kan Garshen Williams by 071 207 0270 kontak, of per e-pos by garshenw@gmail.com
Spelers wat aan die Wes-Kaapse proewe deelgeneem het is van links: Gerscwin Van Heerden, Inga Ntondo, Xhaiden Williams en Faithlyn Titus saam met Odette Carolus en hoofafrigter, André Laminie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'