GEORGE NUUS - Die groentjiespan, Frikkie, het vir 'n groot verrassing gesorg deur die eerste plek in te neem na die eerste ronde in die Riaan de Wit en Outeniqua Plumbing rolballiga vir besigheidspanne.
Nog 'n groot verrassing was dat die kampioenspan van die vorige reeks, Kommaweer Stoffeerders, deur Southern Cape Properties afgestof is en met die 20ste plek in die liga tevrede moes wees en die wenspan nou in die negende plek is.
Verskeie nuwelinge het vir die liga ingeskryf wat daarop dui dat die gewildheid van die liga groei.
Vanaand (Donderdag) word die tweede ronde gespeel en al die spanne is oorgehaal om hul posisie op die punteleer te verbeter.
Die wedstryde begin om 18:00 op die bane van Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark en alle belangstellendes is welkom om dit gratis by te woon.
Ligte etes is beskikbaar en 'n kontantkroeg hou die kele nat.
Uitslae:
1 Frikkie 15; 2 Boksombende 14;
3 Accidental Bowlers 13; 4 Relax Beds & Foam 12; 5 Finovo 12; 6 Tax Consulting 12; 7 Stadler & Swart 12; 8 KTV 12;
9 Southern Cape Properties 12;
10 Vault properties 11; 11 Butz & Gutz 11;
12 Wild Rovers 10; 13 Bowling Stones 10;
14 Francois Retief Premier 9; 15 Mat Katte 7; 16 The Wrecking Balls 6; 17 SP Legal 5; 18 DTM Rollers 5; 19 Bowlistics 5; 20 Kommaweer Stoffeerders 4; 21 Africorp Accounting 4; 22 Sweaty Balls 4;
23 Thunderstruck 4; 24 Ou Rollers 4;
25 The Wild Bunch 4; 26 Ricoh 3;
27 Cruizin Cannies 2; 28 GRM 1.
Wedstrydlys:
Accidental bowlers t Relax Beds & Foam; Finovo t Tax Consulting; Stadler & Swart t KTV; SP Legal t DTM Rollers; Africorp Accounting t Sweaty Balls; The Wild Bunch t Ricoh; Mat Katte t The Wrecking Balls; Frikkie t Boksombende; Southern Cape Properties t Vault Properties; Butz & Gutz t Wild Rovers; Bowling Stones t Francois Retief Premier; Bowlistics t Kommaweer Stoffeerders; Thunder Struck t Ou Rollers; Cruizin Canines t GRM.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'