GEORGE NUUS - George-skaakklub bied op 3 Desember die George Ope by die Far Hills Country Hotel aan. Klubvoorsitter Lionel Campbell sê dit is 'n voorreg om skaak in die streek te bevorder deur 'n toernooi soos hierdie.
Hy bedank die hoofborg, Three6Ixty Software, vir die groot prysgeld en ander pryse.
Volgens Campbell was onderhandelinge met die Far Hills Country Hotel die beginpunt van alles.
Hier het Tasja Brewis van www.toodoo.co.za 'n groot rol gespeel.
"Ons is baie dankbaar teenoor al die weldoeners. Hulle maak die klub se hande sterk om skaak en veral die ontwikkeling daarvan, te bevorder."
Vir meer inligting en om te registreer, bel Lionel Campbell by 072 462 1624, of Paul Stafford by 073 105 8301.
Vind 'n skakel om te registreer by HIER. Indien dit nie suksesvol is nie, skakel asb. die nommers hierbo.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'