GEORGE ROLBAL NUUS - Die eerste been van die tweede Assupol-besigheidsliga by die Outeniqua-rolbalklub het vir verskeie skokke gesorg deurdat van die voorste spanne in die vorige reeks op hul baadjies gekry het.
Die kampioenspan in die vorige reeks, Ricoh, het op hul neuse gekyk en in die laaste plek weggespring. Accidental Bowlers, wat die kampioenskap in die vorige reeks deur hul vingers laat glip het, beklee nou die 17de plek nadat hulle ook afgestof is.
Bowling Stones het die eerste plek ingeneem met die groentjiespan Yappie Rollers in die tweede plek en SP Legal derde.
Dit is egter nog vroeg in die toernooi en die verloorspanne het nog geleentheid om hulself reg te ruk..
Die wedstryde word op Donderdagaande vanaf 18:00 by die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark, gespeel.
Die klublede berei ligte etes voor en 'n kontantkroeg is beskikbaar.
Uitslae:
1 Bowling Stones 13; 2 Yappie Rollers 13; 3 SP Legal 12; 4 Finovo 12; 5 KTV 12; 6 Butz & Gutz 11; 7 South Cape Properties 11; 8 Coastal Relax 11; 9 Just Property 10; 10 Fireballs 10; 11 Jack & 3 Jills 10; 12 Blanco Buurtwag 9; 13 Assupol Bowlers 7; 14 Africorp Accounting 6; 15 Redline 6; 16 Kingearls 6; 17 Accidental Bowlers 5; 18 Vault Properties 5; 19 Kommaweer Stoffeerders 5; 20 Meyerkon 4; 21 Ou Rollers 4; 22 Enough is Enough 4; 23 Golden Girls 3; 24 Ricoh 3.
Wedstrydlys:
Assupol t Africorp Accounting; Redline t Kingearls; Accidental Bowlers t Vault Properties; Kommaweer stoffeerders t Meyerkon; Ou Rollers t Enough is Enough; Golden Girls t Ricoh; Bowling Stones t Yappie Rollers; SP Legal t Finovo; KTV t Butz & Gutz; Southern Cape Properties t Coastal Relax; Just Property t Fireballs; Jack & 3 Jills t Blanco Buurtwag.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'