Alhoewel dit 'n baie jong span is, is hulle positief om net soos verlede jaar 'n medalje huis toe te bring.
Die span en afrigters het voor die vertrek al hul borge te bedank. SWD spog nou met 3 stelle wedstryddrag en is vanjaar professioneel uitgerus, word van energiedrankies voorsien en kry afrigting van ‘n biokinetikus - dit alles danksy die borge.
Die SWD-netbalspan in hul amptelike drag uitgedos. Die spanlede is van links (voor) Roche de Reuck, Kim Syfer. Middel: Carma Erasmus, Melinda Flores (o/k), Sunette Marais (hulpafrigter), Petra Meyer (afrigter), Christille Blom (k), Liesl Barnard. Agter: Elzaan Gouws, Petro Koen, Nadia Boshoff, Sanelle Scholtz (tegniese beampte), Natasha Schmidt, Annemie Koen en Cicelia Miller.