SPORTNUUS - Die SA tweekampbestuur het na breedvoerige konsultasie, aangekondig dat die SA tweekampkampioenskappe wat geskeduleer was vir Oudtshoorn op 2 en 3 April weer gekanselleer is.
Dit is weereens 'n geweldige terugslag vir sport in die gebied, maar erger nog 'n groot ekonomiese terugslag wat miljoene rande kon bydra tot die alreeds sukkelende ekonomie van Oudtshoorn.
Die aankondiging, kort op die hakke van die uitstel van die KKNK, is allermins bemoedigend.
Volgens Dave van der Walt, die operasionele bestuurder van Eden-tweekamp en ook die voorsitter van die SA2021-reëlingskomitee, was meer as 90% van die kampioenskappe se organisasie reeds in plek.
Dis die tweede keer in net twee jaar dat dié byeenkoms afgestel moet word.
Volgens SA tweekamp word die veiligheid van die atlete en beamptes eerste gestel en kan daar nie kanse geneem word nie.
Van der Walt sê dit voel dit vir hom soos om 'n geliefde vir die tweede keer te begrawe.
Volgens hom is dit nie net die akkommodasie- en restaurantwese wat hieronder gaan ly nie, maar alle besighede word hierdeur geaffekteer.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'