GEORGE NUUS - Pacaltsdorp-skopboksklub is op 26 September tydens die World Kickboxing Network-toernooi in Kaapstad as die beste presterende klub in die provinsie aangewys.
Die klub, onder leiding van kancho Carl Brink, het tydens die toernooi sterk vertonings gelewer.
Die klub se deelname aan die toernooi is moontlik gemaak met die ondersteuning van De Dekke Spar in Groot-Brakrivier en Thirsti Water, wat as borge opgetree het.
Pacaltsdorp-skopboksklub se deelnemers Chadwin Vermeulen (twee 1ste plekke), Randel Louw (1ste plek), Lu Jeandro Jansen (twee 1ste plekke), Nelson Harris (1ste en 2de plek), Khloe Damons (twee 1ste plekke) en Juwayden Katzen (twee 2de plekke) saam met hul afrigter, kancho Carl Brink.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’