GEORGE ROLBALNUUS - 'n Span van Outeniqua-rolbalklub het vanjaar met die louere weggestap in die gewilde jaarlikse Groot-Brakrivier-rolbalklub se Grasshopper-toernooi.
Die toernooi word reeds vir baie jare deur Bolton Footwear geborg en gaan elke jaar van krag tot krag.
Soos in die verlede het klubs van oor die hele streek spanne na die toernooi gestuur en vanjaar was daar 24 spanne wat die bane vol gespeel het.
Die borg is verteenwoordig deur Danie Liversage wat die pryse tydens die gelukstrekking asook aan die toernooi se wenspanne oorhandig het.
Die wenspan van Outeniqua-rolbalklub se lede was Daphne Faber, Mariëtte Young, Faan van der Merwe en Jessie van Niekerk.
Die naaswenners, van Groot-Brakrivier-rolbalklub, se spanlede was Marcelle Joubert, Johan Pretorius, Erna Pretorius en André Lombard.
Verskeie ander spanne en spelers het ook pryse ontvang.
Die naaswenners van die toernooi was 'n span van Groot-Brak-rolbalklub wat hier by Danie Liversage (links), verteenwoordiger van die borg verskyn. Die spanlede is van links: Marcelle Joubert, Johan Pretorius, Erna Pretorius en André Lombard.”
Die wenspan van die Outeniqua-rolbalklub, wat hier saam met Danie Liversage van Bolton Footwear (tweede van links) verskyn, is van links: Daphne Faber, Mariëtte Young, Faan van der Merwe en Jessie van Niekerk.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'