GEORGE ROLBAL NUUS - Eden Nomads het 'n baie suksesvolle rolbalnaweek op Stilbaai se rolbalbane gehou waartydens spelers van oor die hele streek deelgeneem het met Kenani Huis Trebla in Mosselbaai wat die voordeel getrek het toe 'n televisiestel, deur Nomad Louis Prinsloo geskenk, aan die sentrum oorhandig is.
Die wenners van die toernooi was die span bestaande uit Rassie de Villiers, Mariaan van der Walt en Sampie Bezuidenhout wat ook die organiseerder van die toernooi was.
Die naaswenners was Hennie Smit, Crys Reis en Charl Meyer terwyl Gerald Emright en Shirley van Staaten met die derde prys weggestap het.
Emright het ook die prys vir die "wrong bias" ontvang nadat een van sy balle in die ander span se baan gaan kuier het.
Nomads visepresident Barrry Connelan het die pryse oorhandig wat deur Ski-High in George geskenk is.
Van die Suid-Kaap se topkushengelaars het 'n reuserol gespeel in die nasionale Rock and Surf Super Pro League (RASSPL) se sukses in die internasionale toernooi wat in Angolese viswaters beslis is.
Die Suid-Afrikaanse Top-12- Uitnodigings- en Meestersspan het hul kompetisies teen Engeland, Namibië en Angola gewen terwyl die dames- en juniorspan naaswenners was.
Ryan Wood van Plettenbergbaai was die kaptein van die Top-12-span en het die derde algehele individuele plek ingeneem terwyl Ian Lucas, van Knysna, die top hengelaar in die kompetisie vir uitnodigingspanne was en Melissa Lucas, ook van Knysna en top vroue hengelaar van Suid-Afrika, die vyfde plek onder die dames ingeneem het.
In die RASSPL-kompetisies word 100% vang-en-vrylaat gepraktiseer ten einde die volhoubaarheid van die hengelsport te verseker.
Die Suid-Kaapse span moes meer as 3 500 km platry om die hengelarea te bereik en het meer as R20 000 se brandstof gebruik.
"Ons deelname sou nie moontlik gewees het sonder die bydrae van al ons borge nie. Ons wil net ons hengelpette hoog lig vir hulle wat ons help om aan die sport deel te neem en die Suid-Afrikaanse vlag hoog te laat wapper in die internasionale arena," het Ian Lucas gesê.
Die derdepryswenners, wat hier by Barry Connelan (midel) staan is Shirley van Staaten en Gerald Emright.
Die naaswenners was (van links) Hennie Smit, Crys Reis en Charl Meyer. Barry Connelan (vise president), wat die pryse oorhandig het, staan heel agter.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'