Sy het as waardering vir haar dienste ‘n toekenning en erelidmaatskap ontvang vir 52 jaar se betrokkenheid by netbal as onder andere speler, afrigter, skeidsregter, spanbestuurder, tesourier, bestuurslid, vise-president en president (2008/2010). Sy is ook erelid by George-netbalklub sowel as George-sportklub.
Alhoewel sy uitgetree het as bestuurslid van die SWD Netbalunie, sal sy nog steeds betrokke bly waar sy benodig word.
Petra Meyer is tydens die algemene jaarvergadering as opvolger vir Theart aangewys.
Belangstellendes wat by netbal betrokke wil raak, kan Petra Meyer by 072 875 0999 kontak.
_jpg (Small).jpg)
Naomi Theart (middel) saam met Goliath Munro, voorsitter van die SWD Sportraad, en Sunette Marais, vise-president van SWD Netbal.