MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die jaarlikse prysuitdelingsfunksie vir potspel is by die IPA klub in Heiderand gehou waar verskeie wenners in verskillende kategorieë aangewys is.
Die jaar was 'n suksesvolle jaar wat verskeie provinsiale spelers en 'n internasionale speler opgelewer het.
Drie van Mosselbaai se spelers naamlik: Johan Carstens, Servaas Coetzee en Danie Swart was ook lid van die Eden Meester potspel-span wat die SA-kampioenskappe gewen het en hulle is ook daarna aangewys as die SA Meester potspel-kampioene vir 2022.
Alle belangstellendes wat wil deelneem aan die nuwe liga, kan Danie Swart kontak (082 852 1454).
Eduan Strauss het die Mosselbaai potspel-enkels gewen.
Die span van die Snipers was in die tweede plek. Van links is, André Reyneke, Juan Malgas, Enslin Truter en Wayne Hendricks.
In die derde plek was die span van Nuclei. Van links is, John Jantjies, Shawn Jolly, Brian Ely en Werner Lessing.
Die wenners van die Mosselbaai potspel-dubbels is van links, Brian Ely, John Jantjies, André Reyneke en Juan Malgas.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'