Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Die Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) se Eeufees sportnaweek is volstoom aan die gang.
Die skool is vanjaar 100 jaar oud en as deel van feesvieringe word meegeding in sport soos rugby, netbal, hokkie, muurbal en tennis.
Altesame 24 skole van regoor Suid-Afrika is betrokke.
Die fees het gister begin en word vandag voltooi. Talle toeskouers waaronder ouers is reeds by die fees. Van die toeskouers het ook hul honde saamgebring.
FOTOGALERY: Sportfees by Hoërskool Outeniqua
Molly, 'n skaaphond, "vier" ook fees.
Die skool wys hy is trots op twee van sy oudleerlinge, Duhan van der Merwe en Manie Libbok wat internasionaal hul merk op die rugbyveld maak. Twee reuse baniere van die twee is by die fees aangebring. Johannes Jumat, onder-voorsitter van Kwaggas se beheerraad, het gesê dis aangenaam dat die gemeenskap betrokke is by die fees.
"Ons is baie trots dat die skool 100 jaar oud is. Toeskouers is welkom by die sportfees. Kom kyk gerus kwaliteit sport."
Talle toeskouers is by die fees.
VIDEO: Kwaggas vier fees
VIDEO: Geluk Kwaggas
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’