GEORGE HOKKIENUUS - Hoërskool Outeniqua se hokkiespanne het die afgelope naweek teen Paarl Gimnasium deelgeneem en gemengde welslae behaal.
Die dogters het teen baie sterk spanne van Paarl Gimnasium te staan gekom en deurgaans noustrop getrek met die Paarliete wat te sterk was vir die Kwaggas.
Die seuns, daarenteen, het ná die lang rit Paarl toe baie goed gedoen deur vier van hul sewe wedstryde te wen.
Die uitslae was as volg: (Seuns)
o.14B verloor 1-0;
o.14A verloor 7-0;
o.16C wen 2-1 ;
o.16B verloor 2-1;
o.16A wen 5-1;
o.19B wen 2-0 en
o.19A-span wen 2-1.
Minaar van Rooyen en Tyron Healing se doele was genoeg om die o.16C's met 2-1 te laat wen. In die o.16A's se uitstekende oorwinning van 5-1 het Jaco Hein Louw (2), Sven Africa, Pieter Breytenbach en Jayden Crouse doele aangeteken.
In die tweede seunsspan se oorwinning van 2-0 het Daniel Snyman en Keegan Evans doele geskiet.
Die eerste seunsspan se puik oorwinning met 2-1 was 'n ongelooflike mylpaal vir Chairo Africa, wat in sy 100ste wedstryd vir Outeniqua 'n doel geskiet het. Jurgen Koegelenberg het deurlopend vir die Paarl-verdedigers probleme gegee en hy is beloon met 'n pragtige doel om die wedstryd vir die Kwaggas te wen.
Die Kwaggas se opkomende wedstryde is teen Framesby, Sentraal, Durbanville en hul eindig die seisoen af met die groot kragmetings teen York High.
Jurgen Koegelenberg (o.19A) het deurlopend vir die Paarl-verdedigers probleme gegee en hy is beloon met 'n pragtige doel om die wedstryd vir die Kwaggas met 2-1 te wen.
Hoërskool Outeniqua se o.19A-hokkiespan wat aan die Kaapstadse internasionale hokkiefees deelgeneem het. Die Kwaggas het teen sterk teenstanders sewe wedstryde gespeel waarvan hulle drie gewen, twee verloor en in nog twee gelykop gespeel het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'