GEORGE NUUS - Die Jetour Kwagga 103 jaar sportfees het die afgelope naweek by Hoërskool Outeniqua plaasgevind en skole van regoor die streek het mekaar op die rugby-, netbal- en hokkievelde gepak.
Die gasheerskool se spanne het oor die naweek sterk vertonings gelewer, veral op die netbalbane waar Outeniqua se meisies oortuigende oorwinnings behaal het.
In die netbal het die o. 14- tot o. 18-spanne talle wedstryde gewen, onder meer groot oorwinnings teen Struisies, Glenwood, Punt en Langenhoven Gimnasium. Glenwood se eerste span het hul eerste wedstryd teen Struisies gewen.
Hokkie
Die hokkie was ook opwindend: die o. 19- spanne het gelykop teen Punt gespeel, terwyl die jonger spanne, soos die o. 16B-meisies en -seuns, met groot tellings gewen het. Die o. 16-seuns het Punt met 2 - 0 verslaan, al het die o. 16-meisies 0 - 1 verloor.
Rugby
Op die rugbyveld het Outeniqua se spanne indrukwekkende uitslae behaal, insluitend die eerste span wat Worcester Gimnasium met 99 - 0 afgeransel het. Ander spanne het onder meer Oudtshoorn en Sao Bras geklop.
York High se rugbyspanne het teen Punt van Mosselbaai goed gevaar: die eerste span het 0 - 17 verloor, maar die jonger spanne het oorwinnings behaal - o. 16: 36 - 24, o. 15: 21 - 12 en o. 14: 52 -20.
Glenwood High se Mia Temlett (middel) verdedig die bal teen spelers van Hoërskool Oudtshoorn.
Kwaggas se Nico Pretorius en Rashiek Swapon van Hoërskool Punt tydens hul hokkiewedstryd.‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’