GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua het verlede Saterdag puik presteer toe hulle aan die Curro Podium-atletiekbyeenkoms in Kaapstad deelgeneem het.
Die seunsatletiekspan het die seuns-afdeling met meer as 1 000 punte gewen en die dogtersatletiekspan eindig 5de uit 25 skole.
Die Kwaggas stap ook weg met die titel van beste gekombineerde hoërskool in die hele Wes-Kaap met 39 404 punte. Hulle het gekompeteer teen skole uit die Boland, Westelike Provinsie en Eden-streek.
Die seunsspan van Hoërskool Outeniqua het hul afdeling in Curro Podium-atletiekbyeenkoms in Kaapstad gewen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’