TUINROETE NUUS - Eden-jaggeweerskiet het van Woensdag 14 tot Saterdag 17 September een van die grootste internasionale toernooie op die skietkalender op Louvain-gasteplaas aangebied.
Onder die ses spanne wat deelgeneem het was die Namibiese Arende, die SA Proteaspan en die SA Presidentspanne, wat vir drie dae lank kragte gemeet het.
Die SA Protea ope-span het teen die Namibiese Arende te staan gekom, die presidentspanne van beide lande het teen mekaar geskiet en albei lande se 223-spanne het ook meegeding.
Onder die drie uitnodigingspanne was ook die South African Small Rifle Field Shooting Association.
SA presidentspan: Jacques du Plooy, Pieter Fourie, Henk Brink, Stephan van Wyk, Liaan Lotter, Deon Vlotman en Hennie Grobler.
Eden-dames: Anita Butler, Ronel Marx, Zoey Botha, Janine Nigrini en Anke Kemp.
Uitslae
SA Proteaspan klop die Namibiese Arende met 349.1 punte
SA Presidentspan klop hul Namibiese eweknie met 1693.1 punte
SA Protea 223-span klop Namibië se 223 span met 582.1 punte
SAJSV 1 klop South African Small Rifle Field Shooting Association-span met 1825.1 punte
Eerste drie plekke
Eerste toets
Stian van Wyk (Proteaspan) met 860.9 punte, Stephan van Wyk (SA Presidentspan) met 851 punte en Fred Danzfuss (Proteaspan) met 835.7 punte.
223 Oos-Kaap Ope
Hein de Swardt (WP) met 685.4 punte, Michael Barlow (Namibië) 680.5 punte en Kobus Visser (WP) 665.5punte.
223 Eden Ope
Wors Marais (Namibië) 700 punte, Carel Maritz (WP) 670 punte en Liaan Lotter (NW) 655 punte.
Eden Ope
Jacques Obermeyer (Boland) 845.9, Wors Marais (Namibië) 841.0 en Jacques du Plooy (Eden) 825.9 punte.
VGK reeks tussen Westelike Provinsie, Boland en Eden
Die Eden-juniorspan, vroueveterane, veterane en ope-span, het almal 'n eerste plek behaal.
Vroeër vanjaar in Mei is die 2022 Top 50 Ope- en Top 20 Dames en Junior uitdunne asook die SA Ope aangebied.
Eden Juniors Anke Kemp, Erik Zeelie, Marco Marx en Christo Delport
Die Eden-verteranespan: Zelda van Staden (Eden Sports Council) saam met Johan Fourie, Wallie Nigrini en Niel Basson.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'