RIVERSDAL NUUS - Laatslapers wat nog nie vir die Ultra Trail Sleeping Beauty-bergwedloop op Saterdag 5 April ingeskryf het nie, sal moet wikkel want die inskrywings sluit op Saterdag 15 Maart.
Dié bergwedloop, 'n eerste vir Hessequa, vind plaas op dié dorp se wandelroetes en bied aan atlete en stappers vier afstande waaruit hulle kan kies.
Die wegspring en einde is by die Windhoek-gasteplaas van Pierre en Heidi Vermaak.
Inskrywingsgeld vir die verskillende afstande is: 10 km (R200), 20 km (R400), 40 km (R1 500) en die 65 km (R2 200).
Net 'n beperkte getal atlete sal toegelaat word om deel te neem.
Vir meer inligting besoek die webwerf: www.utsb.co.za of volg hulle op Facebook en Instagram.
Die kontakpersoon is Anja Louw by 079 498 6325 of stuur 'n e-pos na race@utsb.co.za.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’