GEORGE SPORTNUUS - Outeniqua-hengelklub het in Junie met hul jaarlikse prysuitdeling 'n groot mylpaal gevier, hul 20ste bestaansjaar.
Die klub het oor die jare verskeie Protea-hengelaars opgelewer en gegroei tot een van die grootste klubs aan die Tuinroete en het ook mees kompeterende presteerders in hengel geledere.
In die 2021/22-seisoen het die klub onder andere met die volgende louere weggestap:
- Naaswenners van Eden-winterliga
- Naaswenners van Eden-somerliga (A-afdeling)
- Wenners van Eden-somerliga (B-afdeling)
- Wenners van Eden-somerliga (C-afdeling)
Vir enige navrae kontak André Burger, die voorsitter, by Andreburger722@gmail.com of stuur 'n WhatsApp-boodskap na 082 493 4559.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'