Die vrouespan het in hul eie agterplaas aan die interprovinsiale toernooi deelgeneem en algeheel tweede uit 10 spanne geëindig.
René Pautz was geheel eerste en is in die nasionale span opgeneem wat aan die wêreldkampioenskappe in November gaan deelneem.
Elzaan Cronjé is in die Presidentspan opgeneem.
Jaqueline Yzelle het die grootste eetbare vis, ‘n kabeljou van 6kg, in die toer-nooi gevang.
Tydens die junior toernooi, wat in Zululand plaasgevind het, is Sean Mey en AJ de Beer in die nasionale span opgeneem.
Die Suid-Kaap het twee spanne na die toernooi vir ont-wikkelingspanne gestuur waar een van die spanne met die louere weggestap het.
Die toernooi het in Struisbaai plaasgevind en Marius Barnardo eindig algeheel eerste.
Barnardo en Mario Esterhuisen (spanbestuurder) is in die Presidentspan opgeneem.
In die toernooi vir B-spanne, wat in Kaapstad plaasgevind het, het die Suid-Kapenaars die vierde plek uit ‘n totaal van 11 spanne ingeneem.
Dawid Swart is opgeneem in die Presidentspan.
Die meesterspan het die interprovinsiale toernooi in die Oos-Kaap gewen.
Mike Pautz eindig algeheel eerste en word saam met Hennie Kleyn in die Proteaspan opgeneem.
Pautz vang ook die swaarste oneetbare vis, Tony Harding vang die grootste verskeidenheid vis en GP Botha die grootste eetbare vis, ‘n kabeljou van 6kg.
Die senior span het ook hul toernooi, wat in Oos-Londen aangebied is, gewen.
Hannes Botha kom algeheel eerste en word in die Proteaspan opgeneem.
Hy spog ook met die swaarste oneetbare vis op die toernooi, ’n skeurtandhaai van 175kg.
Niel de Jager eindig algeheel 3de en Steve Denny en Hendrico Lesch word in die Presidentspan opgeneem.
.jpg)
Die Suid-Kaap vrouespan het uitstekend gevaar tydens die interprovinsiale toernooi. Die lede is van links (agter) E Cronjé, J Yzelle, (voor) R Pautz, A Barnard, M Fuchs en L Middleton.