GEORGE NUUS - Die Wes-Kaapse skoleskaakkampioenskappe het 6 en 7 Mei by Glenwood House School plaasgevind.
Die vyf streke van die provinsie wat deelgeneem het was Eden, Overberg, Metro, Kaap Wynlande en die Weskus.
Laerskool George-Suid is deur 21 kinders verteenwoordig, van wie ses onder die toptien geëindig het en ook medaljes ontvang het.
Die 21 leerders, wat as lede van die Eden-span aan Wes-Kaapse kampioenskappe deelgeneem het, is voor, van links: Arlo Dixon, Liam Strydom, Teagan van den Berg, Carli Mouton, Lian Hattingh en Jason Pentz. Middel: Imke van der Merwe, Ulrich Schmidt, Anneke Erasmus, Reinhart Prins, Nina van Niekerk, Chris Botha, Hanjah Wessels en Ferdinand Coleman. Agter: Andrew Brink, Dané Blignaut, Jana Zaaiman, Lukas Booysen, Eddie Prins, Paul Mouton en Gerhard Hattingh.
Die ses skaakspelers wat onder die toptien geëindig het by die Wes-Kaapse skaakkampioenskappe is voor, van links: Andrew Brink (o. 11S - 8ste), Teagan van den Berg (o. 7S - 5de), Lian Hattingh (o. 7S - 10de) en Dané Blignaut (o. 11D - 6de). Agter: Nina van Niekerk (o. 13D - 2de) en Chris Botha (o. 13S - 3de).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’