Gallery
TUINROETE NUUS - Die Eden-sportraad het op Saterdag 27 September sy heel eerste toekenningsgeleentheid vir lewende sportlegendes aangebied.
Die sportraad sê dié spoggeleentheid bring hulde aan merkwaardige vroue en manne wat deur hul uitnemendheid en toewyding die Eden-distrik se sporterfenis gevorm het en ook generasies geïnspireer het.
Deur hierdie inisiatief probeer die raad dit verhoed dat erkenning eers kom wanneer dit te laat iets – iets wat gereeld met legendes gebeur.
Dit laat toe dat hierdie persone die waardering, respek en dankbaarheid vir hul bydraes in persoon kan ervaar, eerder as wanneer hulle nie meer met ons is nie.
Die toekennings sluit atlete, administrateurs, afrigters en ondersteuners oor alles sportkodes in.
Dié sportvroue en -manne is in die volgende kodes as legendes erken:
- Louis Massyn - padwedlope
- Blackie Swart - boks
- Delia Botha - netbal en atletiek
- Joe Arendse - atletiek en sport vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes (LSEN)
- Marina Fuchs - kushengel
- Carlos Biljohn - krieket
- Rienie Human - tennis
- Ferdi Nel - padwedlope en rolbal
- Maranda Avontuur - nelbal en padwedlope
- Willie Freeks - rugby en padwedlope
- Anette Ferreira - tennis
- Johann Coetzer - atletiek
- Glynis Flores - atletiek en seniorssport
- Karel Erasmus - kushengel
- Ansonia Geduld - netbal en seniorssport
- Jason Jafta - padwedlope
- Hannetjie Fourie - gimnastiek en rolbal
- Manie Olivier - krieket
- Dolores Stoffels - netbal en rugby
- Moses Baartman - rugby en skoleatletiek
Dan was daar ook spesiale toekennings aan die volgende atlete:
- Louis Massyn - padwedlope
- Una Saayman - padwedlope
- Norton Scholtz - skolesport
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’