Gallery
GEORGE NUUS - Die Eden-skaakproewe wat op Saterdag 12 Mei by Laerskool Outeniqua gehou is, het seepglad verloop.
Daar was 407 leerders wat deelgeneem het onder meer vanaf Laerskool Outeniqua, Laerskool George-Suid, Laerskool Blanco, York High School, Hoërskool George, Laerskool Hoekwil, New Dawn Park, Holy Cross Primary en Glenwood.
Opgewondenheid oor die groot belangstelling het by die skool geheers waar ouers en onderwysers goeie ondersteuning aan deelnemers gebied het.
Hannelie Liebenberg die koördineerder verduidelik: "Ons het met die vorige twee Eden-proewe oor die 400 spelers gehad wat deelgeneem het. Die spelers word verteenwoordig uit Hessequa (Slangrivier, Heidelberg, Riversdal en Albertinia ingesluit); Mosselbaai/George/Knysna; Kannaland/Ladismith/; Oudtshoorn asook Prins Albert.
Die Eden-skaakproewe is verlede naweek by Laerskool Outeniqua gehou. Die koördineerders Hannelie Liebenberg en George Swart (tegniese beampte) het gesorg dat alles goed verloop. Foto's: Pauline Lourens.
Kampioenskappe
"Gedurende die eerste twee proewe is 'n groep spelers gekies in die onderskeie ouderdomsgroepe (12 dogters en 12 seuns) wat die komende naweek van 19 tot 20 Mei gaan deelneem aan die Wes-Kaapse individuele skaakkampioen-skappe in Klein-mond.
Hier gaan spelers meeding teen spelers van Weskus/Overberg/Metro/Cape Winelands.
"Na al drie proewe gaan ons spelers wat gekies word, ook deelneem in spanverband aan die Suid-Afrikaanse junior skaakkampioen-skappe in Boksburg vanaf 16 tot 20 Desember.
Hier neem elke jaar ongeveer 2 000 spelers van oor die land deel. Eden het die afgelope paar jaar ook uitstekend gevaar by hierdie kampioenskappe en van ons spanne het ook medaljes verower en spelers het ook bordpryse gewen."
Solette Coetzee 'n ouer het bontgetsaan om pannekoek te bak vir die deelnemers en hul ondersteuners.
Die snoepie en pannekoekbakkery het bygedra tot die aangename atmosfeer wat geheers het tydens die proewe waartydens 'n mens 'n speld kon hoor val soos leerders hulle volle konsentrasie aan die spel gegee het. Daar was geen selfone te bespeur nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'