SKAAKNUUS - Die afgelope naweek, 23 en 24 November, het die Eden Geslote Skaaktoernooi by The Point Hotel & Spa in Mosselbaai plaasgevind.
Eden se Top-20 en Top-10 vroueskaakspelers is genooi om aan hierdie prestige geleentheid deel te neem.
Die skaak was van uitstaande gehalte, met beide die mans en vroue wat tot in die laaste ronde die stryd gevoer het om die kampioene te bepaal.
Die Eden-bestuur bedank elke bestuurslid vir hul samewerking en waardevolle bydraes om van hierdie toernooi 'n sukses te maak. Spesiale dank gaan ook aan die borge wat die geleentheid moontlik gemaak het.
Borge:
• The Point Hotel & Spa vir hul beskikbaarstelling van die venue en ook pryse vir die wenners.
• The Western Cape Butterfly Sanctuary vir hul geskenkbewyse
• Oasis Water Mosselbaai vir verfrissings.
• Albert Wiffen vir sy pryse.
• Romanza
• Die anonieme borg vir die medaljes.
'n Spesiale woord van dank gaan aan Ruan Jansen van Rensburg vir sy groot hulp met pryse, sowel as die Blignauts vir die foto's.
Die manswenners is van links: Clayden Taute (3de), Ryan Borrett (kampioen), en Kyle Thoresen (2de). Foto: Ryno Blignaut
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’