GEORGE NUUS - Tien van Eden MPA se atlete het op 28 Mei aan die SA Biathle-kampioenskap deelgeneem wat by Somerset College in Somerset-Wes plaasgevind het.
Uit hierdie tien is altesaam nege atlete gekies vir die Sampa-span wat in Oktober in Portugal aan die Wêreld Biathle-kampioenskap gaan deelneem. Eden MPA is baie trots op hierdie atlete.
Biathle is deel van moderne vyfkamp waar 'n sekere afstand gehardloop daarna geswem en weer 'n sekere afstand gehardloop moet word. Die hardloop, swem en hardloop volg direk na mekaar. Afstande word bepaal volgens die verskillende ouderdomme.
Sampa-span
- Wanru Haasbroek (seuns o.11)
- Cameron McEwan (seuns o.11)
- Duné Haasbroek (dogters o.13)
- Annabelle McEwan (dogters o.15)
- Marilie Duvenage (dogters o.17)
- Stef Schoeman (seuns o.19)
- Bertus Myburgh (40+)
- Johan Windt (60+)
- Bernhard Siebrits (60+)
Tydens die SA Biathle-kampioenskap het Eden se atlete soos volg presteer: 'n eerste plek, 'n tweede plek, 3 atlete behaal 'n vierde plek, een atleet behaal 'n vyfde plek, drie atlete behaal 'n sesde plek en een atleet behaal 'n dertiende plek. Eden MPA is baie trots op hierdie atlete.
Prestasies by kampioenskap
- Wanru Haasbroek (seuns o.11) – 1ste
- Cameron McEwan (seuns o.11) – 6de
- Duné Haasbroek (dogters o.13) – 4de
- Albert Myburgh (seuns o.13) – 13de
- Annabelle McEwan (dogters o.15) – 5de
- Marilie Duvenage (dogters o.17) – 4de
- Stef Schoeman (seuns o.19) – 6de
- Bertus Myburgh (40+) – 6de
- Johan Windt (60+) – 2de
- Bernhard Siebrits (60+) – 4de
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'