GEORGE NUUS - Die sportterrein in Blanco, beter bekend as Die Gaatjie, het op Dinsdag 1 April vier splinternuwe paviljoene ter waarde van R750 000 ontvang.
Hierdie is 'n groot aanwins vir die sportterrein, waar gereeld rugby- en krieketwedstryde plaasvind.
Dit is moontlik gemaak deur 'n samewerking tussen die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport en die George-munisipaliteit.
Verskeie hooggeplaastes het die geleentheid bygewoon, onder andere die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, Ricardo Mackenzie, en George-burgemeester, Jackie von Brandis.
Sprekers by die geleentheid het ingesluit Jean Neethling van die departement van kultuursake en sport (Eden), Desmond Speelman, voorsitter van die Eden-sportraad, Ben Brinkhuis, voorsitter van SWD-rugby, en Albertus Kennedy, uitvoerende hoof van SWD-krieket.
Tydens sy toespraak het Mackenzie die inwoners van Blanco gevra om eienaarskap van die paviljoene te neem en dit op te pas en trots te wees daarop.
Die Wes-Kaapse Minister van kultuursake en sport, Ricardo Mackenzie, deel 'n ligte oomblik tydens sy toespraak.
Munisipale amptenare, lede van die Eden-sportraad en Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport op een van die nuwe paviljoene ná die opening. Foto's: Kristy Kolberg
Kyk na 'n video van die opening hieronder:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’