GEORGE ROLBALNUUS - 'n Nederlaag wat Fanie de Jager van Bowling Stones onder 'n bus wou laat inhardloop het Accidental Bowlers in staat gestel om hul voorsprong op die punteleer van die Assupol-besigheidsliga by die Outeniqua-rolbalklub verder te vergroot.
Die voorlopers het ses ligapunte meer as hul naaste teenstanders, Redline, wat vanaand (Donderdag) teen hulle te staan kom.
Redline is 'n vorige kampioenspan wat nie sonder handskoene gepak kan word nie, maar Accidental Bowlers se Riaan de Wit sê hulle skrik nie vir koue pampoen nie.
Kommaweer Stoffeerders, wat vir Wildcats geklop het, beklee nou die derde plek met Bowling Stones vierde.
Die wedstryde begin om 18:00 by Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark. Die klub het ligte etes en 'n kontantkroeg beskikbaar.
Tydens die eindronde op 25 Maart word elke speler op 'n steakete getrakteer. Ander belangstellendes kan ook teen R100 per ete bestel deur Phillip Hattingh by 062 544 2233 te skakel.
Uitslae:
1 Accidental Bowlers 47; 2 Redline 41; 3 Kommaweer Stoffeerders 40; 4 Bowling Stones 39; 5 Kingearls 39; 6 Skubbe 39; 7 Ricoh 38; 8 Coastal Relax 36; 9 Kirsten & Tulleken Vervoer 33; 10 Ou Rollers 33; 11 Butz & Gutz 33; 12 Wildcats 33; 13 Fireballs 33; 14 Just Property 31; 15 Mustangs 30; 16 SP Legal 30; 17 Assupol Bowlers 30; 18 SB 27; 19 Balls of Fury 26; 20 Vanniepadaf 25; 21 Jack & 3 Jills 23; 22 Die Bou-lers 23; 23 Kloppers 20; 24 Creatives 18.
Wedstrydlys:
Accidental Bowlers t Redline; Bowling Stones t Kommaweer Stoffeerders; Kingearls t Skubbe; Ricoh t Coastal Relax; KTV t Ou Rollers; Butz & Gutz t Wildcats; Fireballs t SP Legal; Just Property t Mustangs; Assupol t SB; Balls of Fury t Vanniepadaf; Jack & 3 Jills t Die Boulers; Kloppers t Creatives.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'