Gallery
GEORGE NUUS - Voorbereidingskool George het onlangs hul jaarlikse uur-atletiekbyeenkoms gehou.
Vyf ander skole - Laerskool George-Suid, Laerskool Blanco, Glenwood House, Holy Cross Primary en Laerskool Denneoord - is genooi om hul twee topatlete in te skryf in die afdelings o.7-dogters, o.7-seuns, o.8-dogters, o.8-seuns, o.9-dogters en o.9-seuns.
Die hoogtepunt van dié byeenkoms was, soos gewoonlik, die opwindende aangepaste aflositem waaraan elke atleet deelgeneem het.
Voorbereidingskool George het hul dank uitgespreek teenoor Ivan Breedt van Jawitz Eiendomme George, wat die medaljes geborg het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'