ATLETIEKNUUS - Atlete van SWD het die streek se naam hoog gehou tydens die onlangse ASA se o.16, o.18, o.20 en ASA senior kampioenskappe.
Atletiek SWD het vanaf 23 tot 25 Maart aan die o.16, o.18, o.20 ASA baan- en veldkampioenskappe in Pietermaritzburg gaan deelneem met 'n span van 70 atlete.
Die atlete het hul baie goed van hul taak gekwyt en met 10 medaljes (5 silwer en 5 brons) in die sak huiswaarts gekeer met 'n 15de posisie.
Daar is groot agting vir die afrigters wat die onderskeie atlete so goed voorberei het vir hierdie kampioenskappe. Met die 2022-kampioenskappe het die provinsie/streek 'n sesde posisie behaal met twee goues en een brons.
Atletiek SWD wil hiermee die afrigter van Hoërskool Outeniqua, Jacques Wolfaardt, gelukwens met sy nege medaljes (4 silwer en 5 brons) asook Hendrik Prins wie se atleet sy goue medalje net-net gemis het.
Die uitslae van die atlete is as volg:
Lenke Viljoen - brons (39,72 m) in spiesgooi en silwer (14.66) in gewigstoot
Mieke Coetzee - silwer (49,21 m) in hamergooi
Henco Swanepoel - brons (50,96 m) in hamergooi
Zian du Plessis - silwer (18,49 m) in gewigstoot
Jayden Fourie - brons (6,25 m) in verspring
Walter van Rensburg - silwer (17,29 m) in gewigstoot
Neil Erasmus - silwer (4,70 m) in paalspring
Madison O'Connel - brons in hamergooi
Jaydrean Prins - silwer (49.06s) in 400 m en 200 m (22.60s) 4de posisie.
Die provinsie/streek spog ook met 3 (4de plekke); 1 (5de plek); 2 (6de plekke); 3 (7de plekke), 2 (8ste plekke); 2 (9de plekke) en 3 (10de plekke).
Die provinsie/streek het ook vyf atlete vir die senior kampioenskappe wat vanaf
31 Maart tot 1 April 2023 in Potchefstroom plaasgevind het, ingeskryf.
Henro Horne, 10-kampatleet het 'n silwermedalje verwerf.
Ongelukkig is 10-kamp nie 'n item van Wêreldatletiek nie. Selwyn Matthews met 'n 17de plek met 'n tyd van 15:08:78.
Atletiek SWD spreek hul dank uit aan al die atlete en afrigters vir hul harde werk, die spanbestuurders wat hul tyd opgeoffer het om die atlete te vergesel, tegniese beamptes wat tydens die kampioenskappe diens gedoen het asook die ouers vir hul volgehoue ondersteuning.
Jaydrean Prins silwer in 400 m en 200 m 4de posisie.
Madison O'Connel - Brons in hamergooi
Selwyn Matthews het 'n 17de plek in 10-kamp
Mieke Coetzee behaal silwer in hamergooi en Jayden Fourie brons in verspring.
Henro Horne, 10-kamp atleet het 'n silwermedalje verwerf in seniors.
Neil Erasmus wat silwer in paalspring gewen het, saam met Shireen Noble van ASWD.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’