ATLETIEK NUUS - Atletiek Suid-Westelike Distrikte (ASWD) se topatlete het die afgelope naweek baie goed by die ASA kampioenskappe by Groenpunt-stadion in Kaapstad presteer.
As provinsie het ASWD die agtse plek uit 17 plekke behaal en met vier goue, een silwer- en sewe bronsmedaljes in die sakkie teruggekeer.
'n Aantal ASWD-atlete het ook onder die topvyf en toptien in hul onderskeie ouderdomsgroepe geëindig.
"Die ASWD-bestuur wens al die atlete hartlik geluk met hul prestasies en voorspoed met die SA skolekam-pioenskappe die komende naweek in Bloemfontein," sê Shireen Noble, president van ASWD.
Intussen is 'n vergadering tussen die ASWD se bestuur, die Eden-sportraad en die departement kultuursake en sport gehou na aanleiding van die negatiewe kommentaar in die media en op sosiale media ten opsigte van die sogenaamde swak bestuur van skole-atletiek.
Noble het in 'n skrywe aan George Herald gesê die kwessie rondom klere, verblyf en vervoer is in diepte bespreek.
"Al die partye het saamgestem dat 'n vergadering met die skolestruktuur in die SWD 'n noodsaaklikheid geword het."
Die department van onderwys sal ook blykbaar na dié vergadering, wat op Donderdag 8 Mei gehou sal word, genooi word.
Tatyana Viljoen meisies o. 16- paalspring - goud, 3.3 m.
"Die vergadering sal na afloop van al die verskillende kampioenskappe, insluitende die SASA Laerskole, SASA Hoërskole en Atletiek Suid-Afrika se kampioenskappe, plaasvind en die tyd en plek sal in die uitnodiging aangedui word."
Noble voeg by dat ten spyte van die negatiewe kommentaar, Eden-skole se atlete nogtans goed gevaar het.
"Baie geluk aan elke atleet wat in die verskillende Wes-Kaapse spanne en Atletiek SWD-spanne opgeneem is."
Die naweek se uitslae:
- Tatyana Viljoen (meisies o. 16-paal-spring - goud, 3.3 m)
- Nicole Barnard (vroue o. 20-spies-gooi - goud, 48.57 m)
- Jayden Fourie (seuns o. 18-verspring - goud, 7.49 m en 200 m brons.)
- Walter van Rensburg (mans o. 18- gewigstoot, goud, 18.78 m.)
- Mike Coetzee (vroue o. 20-hammer-gooi - silwer, 48.62 m.)
- Jandri Snyders (vroue o. 23- 5 000m - brons, 19.03.22)
- Owen Pietersen (mans o. 20-ver-spring - brons, 7.16 m.)
- Henro Horne (mans o. 20-tienkamp, brons met 5 648 punte.)
- Lenke Viljoen (dogters o. 18-gewig-stoot 15.48 m.)
- Ray-Jordan Schoeman (seuns o. 18- 110 m-hekkies 13.97s.)
- Seuns o. 18-aflosspan (brons, 42.44s)
Vorige artikels:
67 medaljes vir Eden ten spyte van 'chaos'
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’