ATLETIEK NUUS - George is goed op dreef om die middelpunt van atletiek aan die Tuinroete te word wanneer die multimiljoenrand-opgradering van die Rosemoor-stadion se tartanbaan na verwagting in Januarie 2025 voltooi sal word.
Die opgradering kos sowat R40,6 miljoen en gaan die multi-kode sportfasiliteit in 'n wêrdklasvenue omskep.
Volgens 'n verklaring deur die George-munisipaliteit sal die nuwe tartanbaan nie net aan internasionale standaarde voldoen nie, maar ook verseker dat die tye en prestasies van atlete amptelik erken word.
Hierdie opgradering sal na verwagting die algehele sportinfrastruktuur in die streek verbeter en groter deelname en ontwikkeling in atletiek bevorder.
Die doel is om verskeie atletiekbyeenkomste aan te bied en as 'n sentrale spilpunt vir plaaslike sportklubs en skole te dien.
Konstruksie het in Mei 2024 begin.
Na voltooiing sal die opgegra-deerde Rosemoor-stadion toegerus wees met 'n moderne atletiekbaan en fasiliteite wat die stadion in staat sal stel om streek, nasionale en potensieel internasionale byeenkomste aan te bied, wat die plaaslike ekonomie 'n hupstoot sal gee en sporttoerisme sal bevorder.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’