GEORGE NUUS - Die gewilde Outeniqua-marathon het vanjaar op 30 April plaasgevind en vanjaar was die 36ste keer dat atlete daaraan kon deelneem. Vanjaar was wel die eerste keer dat die George-munisipaliteit as borg betrokke was.
Dit het onder die vaandel van Outeniqua Harriers plaasgevind. Leon van Wyk, George se burgemeester, en ander stadsraadslede was teenwoordig tydens die geleentheid.
Atlete kon kies om deel te neem aan drie afstande naamlik die 10 km, die 21,1 km en die 42,2 km.
Die 42,2 km het by die George-sportklub begin, die 21,1 km by die Tuinroetedam en die 10 km by die Wilderness Commonage waar al drie wedlope ook klaargemaak het.
Lloyd Bosman het die 42,2 km-wedloop gewen.
Meer as 700 atlete het die wedlope aangedurf wat beskou word as een van die heel mooiste roetes in Suid-Afrika. Dit het onder perfekte weersomstandighede plaasgevind wat die atlete baie gehelp het.
Duppie du Preez, voorsitter van Outeniqua Harriers, het Dinsdag gesê dis een van die oudste marathons in die Suid-Kaap en een van die mooiste roetes wat 'n atleet kan hardloop.
Dit was 'n groot sukses en die terugvoering wat hulle van deelnemers gekry het is baie positief. Dis 'n unieke geleentheid, drie byeenkomste in een.
Daar word geglo en gehoop om goeie verhoudinge met die George-munisipaliteit te bou en dat hulle weer aanstaande jaar aan boord sal wees.
Familie en vriende het saam deelgeneem aan die 21.1 km-wedloop. Foto: Deidré Cloete
Deelnemers aan die 42,2 km by die beginpunt by George-sportklub. Foto: Deidré Cloete
Wenners in die 42,2 km.
Wenners in die 21,1 km.
Wenners in die 10 km.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'