Gallery
GEORGE ATLETIEK NUUS - Die Nedbank-atlete Lloyd Bosman en Melissa van Rensburg het verlede Vrydagaand Top Gear Sport se 10 km-aandwedloop oor 10 km gewen.
Rainbow-atletiekklub was die gasheer.
Bosman se wentyd was 30:54 en Van Rensburg s'n 39:03. In die vrouewedloop het twee belowende juniors, Stephany Pedro (41:11) en Nolene van Rensburg (43:34) in onderskeidelik die tweede en derde plek klaargemaak.
Grasshopper Outeniqua Harriers se ervare Wouter Frazenberg (36:04), Mxolisi Fana (35:44), Patrick Rawlins (43:38) en Denovin Geduld (37:32) het in die mansafdelings vir onderskeidelik veterane, meesters, grootmeesters en juniors geseëvier.
Onder die vroue het die Nedbank-atlete Carike Fourie (45:34), Johanna Claassen (52:16), Mariette de Haan (55:33) en Dalene le Roux (1:18:47) hul onderskeie afdelings gewen. Pedro was die beste junior dogter.
Hugo Redelinghuys het die atlete by die botaniese tuin met sy kamera ingewag.
Chrismare Kamener van Outeniqua Harriers (links) en Rolene Loock (Nedbank) wys hulle is nog vol energie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'