GEORGE NUUS - Die plaaslike langasem, Lloyd Bosman, het nóg 'n trofee ingepalm toe hy verlede Saterdag aan die 27 for Freedom-wedloop by die Drakenstein korrektiewe dienste buite Paarl, deelgeneem het.
Die 34-jarige Bosman van die Nedbank-atletiekklub in die SWD, het die 27 km-wedloop in 'n tyd van 01:25:50, in bloedige hitte wat die kwik tot by 40°C laat klim het, voltooi.
Kort op sy hakke was Philani Sengce (29) van die Athlete's Academy in Boland met 'n tyd van 01:28:14 en in derde plek was Sibusiso Madikizela (33) van Nedbank-atletiekklub in die Wes-Kaap.
Bosman met sy trofee kort na die wedloop.
Hy het die wedloop in 01:25:50 voltooi.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'