GEORGE SPORT - Atletiek Suid-Westelike Distrikte (ASWD) se landloopseisoen het verlede maand op 'n hoë noot weggespring. Ligabyeenkomste word regoor SWD vanaf Riversdal tot Knysna en Beaufort-Wes aangebied.
Die eerste byeenkoms het op 10 Mei by Olympia Skool afgeskop en ondanks gure weer, het 546 atlete van agt tot 80 plus deelgeneem. "Die getalle het ons heeltemal verbaas," sê ASWD-president, Shireen Noble.
Die tweede ligabyeenkoms het op 17 Mei in Beaufort-Wes plaasgevind, maar was met net 122 deelnemers nie so goed ondersteun nie. Die derde ligabyeenkoms het 384 atlete gelok.
Die nuwe voorsitter van Atletiek SWD se landloopkommissie, Reggie Mitchell, is heel in sy skik met die getal inskrywings asook die goeie organisering van die ligabyeenkomste.
Die volgende byeenkoms vind op Saterdag 21 Junie by korrektiewe dienste in Mosselbaai plaas.
Registrasie begin om 08:00 en die program sal stiptelik om 09:00 begin.
Die vyfde ligabyeenkoms vind op 7 Julie in Knysna tydens die Knysna-oesterfees plaas.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’