GEORGE NUUS - Uitstaande prestasies is onlangs by die Hartloop-interskole atletiekbyeenkoms by die De Jagers-sportkompleks op Oudtshoorn gelewer.
Die leerders van die Hoërskool Outeniqua, Langenhoven Gimnasium, Hoërskool Punt en Hoërskool Oudtshoorn het mekaar die stryd aangesê.
Piet Cloete, sporthoof van Hoërskool Outeniqua, het die organiseerders, Langenhoven Gimnasium, gelukgewens met 'n puik byeenkoms asook die vier skole met die moeite wat hul sangspanne gedoen het.
"Die Kwaggas se sangspan en atlete het my egter hoendervleis gegee. Die gees van die sangspan was uitmuntend en die kwaliteit van die atlete was op topvlak."
Die Kwaggas het die geesbeker gewen en sy atlete het op 'n snikhete dag 58 goue, 58 silwer- en 42 bronsmedaljes ingeoes.
Langenhoven Gimnasium het 22 goue, 20 silwer- en 23 bronsmedaljes gewen gevolg deur Hoërskool Punt met 21 goue, 20 silwere en 22 bronsmedaljes en Hoërskool Oudtshoorn 7 goue, 9 silwer en 15 bronsmedaljes.
Die Kwaggas, Meike Strydom, wat die gewigstoot vir dogters o.19 in 'n nuwe byeenkomsrekord afstand van 14,98 m (vir 963 punte). Hanno du Plessis het die hamergooirekord in die seuns o.19 laat spat met 60,76 m (vir 898 punte). Hulle is onderskeidelik aangewys as die beste dogters- en seunsatleet van die byeenkoms.
Lané Coertze van die Kwaggas (dogters o.15) het 'n vierkuns behaal deur die 300 m-hekkies (49:70 vir 787 punte), 100 m (13:63 vir 662 punte), 90 m-hekkies (14:90 vir 778 punte), 200 m (28:00 vir 697 punte) te wen en ook die victrix ludorum-trofee.
Die volgende atlete is aangewys as die beste in hul ouderdomsgroepe:
- Dogters o.14: Rianca Slump (OHS), Seuns o.14: Antonio Bruiners (LG).
- Dogters o.15: Jonell Botha (HO), Seuns o.15: J D Heyns (OHS).
- Dogters o.17: Elme Botha (HO), Seuns o.17: Casthon Michaels (OHS).
- Dogters o.19: Meike Strydom (OHS), Seuns o.19: Hanno du Plessis (OHS).
Rekords wat gespat het is:
- Dogters o.14: Jandri Snyders (Punt) 800 m (2:24.90 vir 714 punte), Anika Beukes (Punt) 200 m (27:80 vir 717 punte) en 100 m (13:50 vir 687 punte).
- Seuns o.14: Antonio Bruiners (LG) 100 m-hekkies (14:30 vir 806 punte) en 300 m-hekkies (43:30 vir 628 punte). Loudre Pretorius (OHS) hoogspring (1,67 m vir 599 punte).
- Dogters o.17: Andrea Kommer (Punt) verspring (5,49 m vir 710 punte) en driesprong (11,93 m vir 831 punte). Lisha Collins (OHS) 800 m (2:18.20 vir 775 punte) Elmie Botha (HO) hamergooi (48,91 m vir 926 punte) en Elne Conradie (Punt) 1500 m (5:01.90 vir 678 punte).
- Seuns o.17: Tyrese Pietersen (HO) verspring (6,57 m vir 696 punte) en driesprong (13,38 m vir 629 punte). Lonario Wagenaar (HO) 400 m-hekkies (58,40 m vir 649 punte) Casthon Michaels (OHS) 100 m (11:20 vir 744 punte).
- Dogters o.19: Meike Strydom (OHS) diskus (43,22 m vir 914 punte) en gewigstoot (14,98 m vir 963 punte), Simonn Swanevelder (OHS) hoogspring (1,60 m vir 597 punte), Lara Schlechter (OHS) 800 m (2:23.00) vir 730 punte), Marizanne van der Mescht (Punt) 1500 m (5:09.50 vir 649 punte.
- Seuns o.19: Joshua Hermanus (Punt) 110 m-hekkies (15:40 vir 778 punte, Zander Labuschagne (OHS) driesprong (13,64 m vir 609 punte). Hanno du Plessis (OHS) hamergooi (60,76 m vir 898 punte) en gewigstoot (13,19 m) vir 607 punte), Theron Human (OHS) 100 m (11:01) vir 749 punte) en 200 m (22:00 vir 795 punte).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'