Gallery
ATLETIEK NUUS - Hoërskool Outeniqua het behoorlik skoonskip gemaak tydens verlede week se Hart-LOOP-atletiekbyeenkoms wat by die De Jager-sportkompleks aangebied is.
Hierdie is 'n jaarlikse geleentheid wat deur Hoërskool Oudtshoorn aangebied word.
Die skole wat deelgeneem het, is Langenhoven Gimnasium, Hoërskool Oudtshoorn Hoërskool Outeniqua en Hoërskool Punt.
Outeniqua se atlete het al die kategorieë sowel as die sangbeker gewen.
Die beste atlete is soos volg:
Seuns
o. 14 - Gideon Boshoff
o. 15 - Curtwinn Olivier
o. 17 - Jayden Fourie
o. 19 - Walter van Rensburg
Jayden is ook as algehele beste seunsatleet aangewys.
Meisies
o. 14 - Megan Botha
o. 15 - Leané Koen
o. 17 - Charmonix van der Merwe
o. 19 - Madison O'Connel
Leané Koen is as die algehele beste meisiesatleet aangewys.
• Die junior victor ludorum is Aquilla Julies, terwyl Leané Koen as die junior victrix ludorum aangewys is.
• Ray-Jordan Schoeman is as die senior victor ludorum aangewys en Miike Scholtz as die
senior victrix ludorum.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’